top of page

veelkleurige voor-begin


om te verstaan … Wintertyd is om die draai! Dit bly ‘n kosbare seisoen in die Kaap. Koue wintersaande, aanhoudende reën, knetterende kaggelvure, wolkomberse, geurige bobotie en ‘n bottel wit Muskadel. Min dinge kan daar naby kom. Hierdie donker, nat wintertyd is, snaaks genoeg, die seisoen wanneer een van die vroegste simbole van die Here se vernuwende verbondsliefde die duidelikste uitstaan in ons kontrei. Die Here het in Genesis 9, nadat Hy reg van voor af begin het met die mensdom, vir Noag gesê: “Die reënboog sal in die wolke wees, en wanneer Ek dit sien, sal Ek dink aan die ewige verbond tussen My en al die lewende wesens op die aarde.” ‘n Veelkleurige reënboog herinner altyd aan die Here se veelkleurige genade en sy voor-begin liefde met mense en diere. Die Here het met Noag voor begin. Hy het met Abraham ook voor begin. En met Moses en met JESUS CHRISTUS! Net soos voor Noag se vloedverhaal was die disharmonie in so ‘n afwaartse spiraal voor Jesus se koms, dat God sy Seun gestuur het om die koninkryksorde op die aarde te herstel. Hy het deur Hosea al vir Israel gesê: “My liefde brand te sterk, ek kry dit nie oor my hart om jou uit te wis nie.” Sjoe, wat ’n liefde? Die kaal kruis en die leë graf vertel juis van hierdie reënboogliefde vir ‘n korrupte aarde. Dit vertel van die hoogtepunt daarvan. Dit is wie sy Seun is! om te doen … Gebruik gerus die reënboog prentjie op jou selfoon meer gereeld en onthou om hierdie winter iets diepers oor die Here te probeer verstaan as jy ‘n reënboog sien. Dan lees jy sommer weer Genesis 9. Lekker naweek verder. Dave.

8 views

Recent Posts

See All
bottom of page