top of page

Wat beteken Jesus se hemelvaart en die Pinkstergebeure vir mense se geloof?


Die 3 aspekte wat vir my uitstaan oor Jesus se hemelvaart is:


Die versekering dat Jesus weer gaan terugkom met 'n nuwe aarde en 'n nuwe hemel vir al sy gelowiges. Die engele het in Handelinge 1:11 vir die dissipels gesê: 'Hierdie Jesus wat van julle af na die hemel toe opgeneem is, sal net so terugkom soos julle Hom na die hemel toe sien opgaan het.'

Die fantastiese gedagte dat Jesus gegaan het om vir sy gelowiges plek te gaan voorberei. Hy het in Johannes 14 vir die dissipels probeer verduidelik: 'In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou Ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie.'

Die roeping wat opgesluit lê in Jesus se volhoubare teenwoordigheid op die aarde versus sy vertrek ('n soort afwesigheid) na 'n hemelse bestemming. Handelinge 1 berig so daaroor: 'Nadat Hy dit gesê het, is Hy opgeneem terwyl hulle dit sien, en 'n wolk het Hom weggeneem, sodat hulle Hom nie langer kon sien nie.'


Gelowiges is nou Jesus se sigbaarheid op aarde. Teresa van Avila het in die sestiende eeu geskryf:

'No hands, no feet on earth but yours,

Yours are the eyes with which He looks compassion on this world,

Yours are the feet with which He walks to do good,

Yours are the hands, with which He blesses all the world.

Yours are the hands,

yours are the feet,

Yours are the eyes,

you are His body.

Christ has no body now but yours,

No hands, no feet on earth but yours.

Christ has no body now on earth but yours.'


Hoe kan die Here meer sigbaar wees op die aarde na die eerste Pinkstergebeure?


In Galasiërs 5 het Paulus verduidelik: 'Die vrug van die Gees is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal.


Die Gees rol Jesus se Paasgebeure deur gelowiges uit na die uithoeke en na die (finale) einde toe. Henri Nouwen het geskryf: 'Without Pentecost the Christ-event - the life, death, and resurrection of Jesus - remains imprisoned in history as something to remember, think about and reflect on. The Spirit of Jesus comes to dwell within us, so that we can become living Christs here and now.'


Gelowiges moet Jesus se Paasgebeure met die vrug van die Heilige Gees aanhou uitrol buitentoe!


Lekker naweek verder.


Dave

3 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page