top of page
bestuurder5

Adventshoop


Adventstyd is die Januarie van die kerklike jaar. Die kerkjaar begin elke jaar met Adventstyd en eindig met die Seisoen van Voleinding aan die einde van Koninkrykstyd. 

Adventus beteken ‘aankoms’ en in Adventstyd word daar baie gebruik gemaak van lig om mense aan Jesus te herinner wat die Lig was wat na die wêreld toe gekom het. Sondag 1 Desember is hierdie jaar se eerste Adventsondag en dan is die tema: hoop.  

Cyril van Jerusalem het die hoop van Advent alreeds in die 300’s nC uitgewys deur die tweevoudige koms van Christus te beklemtoon en gepleit om nie net op die eerste koms alleen te fokus nie. Oor die tweede koms, het hy gesê: ‘Jesus se tweede koms gaan in groter heerlikheid as sy eerste koms afspeel. Sy eerste koms het oorgegaan in lyding en swaarkry. Sy tweede koms gaan die kroon van sy heilige koninkryk aarde toe bring.’ 


Cyril het ook gesê: ‘Ons moenie inhoudelik vashaak by Jesus se eerste koms nie. Gelowiges moet bly hoop en bly wag op Jesus se tweede koms.’


Behalwe dat ons met Advent Jesus se  tweevoudige koms vier, wag en woeker gelowiges nou alreeds angstig vir ‘n duideliker verskyning van sy koninkryk op aarde. Ons hunker daarna dat sy koninkryk elke dag helderder sal kom.


Paulus het in 1 Korinthiërs 15:19 geskryf: ‘As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense.’


Advent bring hoop omdat Jesus gekom het, maar ook weer kom.


Gebed: 

Here, help ons om u lig só te weerkaats dat dit hoop gee vir elkeen wat in wanhoop leef.

Amen.

2 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page