top of page
bestuurder5

Afdraand na Advent

Die jaar vorder fluks einde toe. Die kerkjaar het een maand van Koninkrykstyd oor en dan is dit Advent en Kersfees. Karl Barth het geskryf dat die kerk van Jesus Christus op ‘n manier altyd in die seisoen van Advent leef. Die kerk leef tussen Jesus se eerste en sy tweede koms. Gelowiges bly wag op die tweede koms van die Verlosser in noue, liefdevolle navolging van die terme wat Hy met sy eerste koms gebring het.

 

Die radikale missioloog Shane Claiborne het geskryf: ‘Advent is the season when we remember how Jesus put on flesh and moved into the neighborhood. God getting born in a barn reminds us that God shows up in the most forsaken corners of the earth.’

 

Een van die maniere hoe gelowiges bly wag op Jesus se tweede koms, skryf Claiborne, is om nie terug te deins vir ongemak of ongerief nie maar ‘n verskil in ander mense se lewens te bly maak.

 

Kenridge Gemeente gaan jou hierdie jaar weer uitnooi:

~ om die Geskenkemark (20 - 30 Nov) te ondersteun ten bate van Sobambisana    

~ om kersfeespakkies vir pasiënte in die Karl Bremer Hospitaal kerk toe te bring,

~ om kersetes op Kersdag vir Ruyterwacht Senior Sentrum kerk toe te bring,

~ om Calvinia lammers in November te koop ten bate van Calvinia NG Kerk,

~ om Ruyterwacht se kersboom vir 2025 ledegeld, ook op Kersdag, te ondersteun.

 

Kenridge Gemeente is verbind tot die bou van liefdesbrûe. Dit is elke jaar ons vreugde om jou uit te nooi en deel te maak van ons manier ‘to move into the neigborhood’ oor Kerstyd.

 

Dawid het al in Psalm 41 geskryf: ‘Gelukkig is die mens wat die hulpelose in ag neem.’  Lank daarna het God sy Seun, uit die nageslag van Dawid, as hulpelose baba na die aarde gestuur. Soveel so dat Hy saam met sy ouers na Egipte moes vlug. Hy was die Verlosser wat onder andere in Lukas 5 verduidelik het dat Hy mens geword het vir alle mense, veral vir siekes en sukkelaars.

 

Gebed:

 

Here plant U hart vir stukkende mense wat sukkel en swaarkry in ons oor. Help ons om die sorg en die liefde van U Seun blymoedig verder te neem.

 

Amen.

19 views0 comments

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page