Gebed vir die winter
- bestuurder5
- Jun 26
- 1 min read

Heilige God,
Heerser oor die seisoene,
Die winter bring sy eie beloning,
maar ook sy eie bekommernisse;
ook in ons geestelike lewe.
Baie dankie,
Meester,
vir bloeisels tydens die winter.
Dit herinner ons aan hoe sterk
U liefde vir ons is.
Dankie vir die reën en koue en stadiger lewenstempo.
Dit gee ons tyd,
ook vir die dinge wat ons so verwaarloos.
Leer my om in die winter nie net aan myself te dink nie,
maar om vir U meer tyd te maak,
en vir my medemens.
Help my om rustig te word in U teenwoordigheid sodat ek
nooit sal ophou groei nie.
Die winterkoue eis sy tol aan bekommernisse oor Bejaardes en
armes wat van ontbering sterf terwyl ek knus en warm by my kaggel sit;
werkloses wat nie weet waar môre se brood vandaan sal kom nie;
hongeriges wat met smekende oë by my verbyloop;
dakloses wat koue moet verduur,
en ook die ysiger koue
van ongevoelige mense,
soms U kinders!
Help my groei en vrug dra,
selfs in die winter;
om liefde ruim en oorvloedig te gee en
'n helpende hand uit te steek.
In die Naam van Jesus Christus ons Here
Amen.




Comments