top of page

Ons mooi land

ree

Suid-Afrika. Wat ’n land van kontraste! Dis ’n plek vol skoonheid, maar ook vol hartseer. Dis ’n plek van asemrowende natuurskoon, maar ook van verwoestende misdaad. Dis ’n plek van innovasie en mense wat ’n plan maak ten spyte van teëspoed, maar ook van korrupsie en nepotisme en verwoesting.

 

Maar dis mý land.

 

Daarom nooit ek jou om vandag saam met my vir ons pragtige land te bid. Ons bid ’n gebed deur Barend Vos:

 

Here, hoe begeer ek tog leiers wat vir hierdie landnet goed sal wees!

Regeerders wat ons almal net tot seën is, wat deur die wêreld gerespekteer word.

 

Dit is so ’n mooi land dié, Here, wat U uitgekies het vir my en my mense om in te woon.

Ons is oor tientalle geslagte heen met hart, siel en liggaam daaraan verbind.

En met ons hele verstand en met al ons krag.

Daarom kan ons nie anders nie as om gereeld en ernstig vir hierdie land te bid, en vir sy mense – ons.

 

Maak ons oë oop vir die skoonheid wat daarin die skynbaar alledaagse skuil – woestyn en woud, die berge, die vlaktes.

Die môrestond, die sonsondergang.

Die wolkekrabbers se silhoeët.

Die aantreklikheid van mensese handel en wandel – in die stad se strate én op die sypaadjies.

 

Leer ons, Here, om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie.

Dat die stedelinge respek sal hê vir landbouerswat kos en drank oorvloedig op hul tafel besorg.

Dat dié wat op die platteland woon, waardering sal toon vir die tegnologie wat in stede ontwikkel word.

 

En wat ons leiers betref, Here: Wil U hulle seën met die wysheid om ons land nog mooier te maak – om die oes se oorvloed wyd te versprei, om die voordeel van die geil opbrengs aan elke inwoner te laat toekom.

 

Gee ons tog leiers wat ook ons lewe verryk, Here. Mense wat die wonder van God en sy gawes ken.

En wat die vertroue wat U in hulle stel, in hul feilbaarheid eer en probeer om dit waardig te wees.

 

Tot ons heil. En ter wille van u Naam. Amen.

Comments


bottom of page