top of page

#kenridgetieners ouerbrief (Gr 6-11) 12/04/2022


Liewe Ouers,


GRAAD 6 & 7:

Groepleiers:

Ons het op die oomblik een pappa wat albei ons seuns groepe lei. Ons het nog ʼn groot behoefte na groepleiers by die graad 6 & 7 seuns-groepe. Kontak my asb. direk by die kontakbesonderhede hier onder indien jy sal brûe bou soos Jesus met hierdie groepe.


Die tweede kwartaal is vir die #kenridgetieners gewoonlik ʼn baie moeilike kwartaal, weens die magdom vakansiedae en die Junie eksamen. Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


Ons gaan hierdie kwartaal voort met ons ons temas oor geloofshelde. In die kerkjaar fokus ons op God se verlossing, saam met Goeie Vrydag en Paassondag. Die eerste held vir die kwartaal is Noag.


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag oor verlossing in die storie van Noag gesels deur na die hele verhaal te kyk soos ons dit in Genesis 6-9 lees en die volgende uitkomste was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat God tweede kanse gee.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer daaroor dat tweede kanse soms moeilike keuse aan ons stel.

  • Impak (Aksie en optrede): Om ʼn moeilike keuse te kan maak, wat gehoorsaam is aan God, selfs al verstaan ons dit nie.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om iewers gedurende die week ʼn koffie-afspraak met jou tiener te maak en dan weer oor die tema te gesels. Julle kan weer gesels oor wat julle van Noag se storie onthou. Julle kan dan die volgende vrae gebruik om te gesels:

  • Vertel van ‘n keer waar God jou vir jou ʼn tweede kans gegee het?

  • Wie het almal voordeel getrek uit jou tweede kans?

  • Waarvoor kan ons bid? (Ouer en kind deel)

  1. Wat het gebeur? Wil jy jammer sê of vergewe? Wil jy dankie sê?

  2. Wat lê voor? Is daar iets waarna jy opsien? Is daar iets waarna jy uitsien?

  3. Kom ons bid vir mekaar.


Komende Sondag:

Die komende naweek is die hoogtepunt van die Christelike kalender met Goeie Vrydag en Opstanding-Sondag. Daar is geen groepe nie, maar ons moedig julle aan om as huishouding die eredienste by te woon. Ons kom weer 24 April bymekaar en gesels dan oor Abraham.


GRAAD 8-10:

Welkom in die tweede kwartaal. Die tweede kwartaal is vir die #kenridgetieners gewoonlik ʼn baie moeilike kwartaal, weens die magdom vakansiedae en die Junie eksamen. Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


Ons tema vir hierdie kwartaal is “God se vingerafdrukke” wat handel oor God se genade. In die kerkjaar fokus ons op die oomblik op God se verlossing deur Jesus, saam met Goeie Vrydag en Paassondag en die temas volg hierdie gedagtegang


Wat het ons geleer?

Ons het Sondag wel stil gestaan by Groot Lydensweek en het interaktiewe gebedstasies aangebied om oor die groot temas van die week te reflekteer. Die temas was:

Stasie 1 - Palmtak Partytjie - lofprysing oor Jesus se werk, soos die skare met palmtakke in Jerusalem.

Stasie 2 - Die Reis - waar ons reflekteer het oor hoe verskillende mense in Jesus se verhaal die reis verskillend beleef het en watter padtekens Jesus daardeur op ons lewensreis plaas.

Stasie 3 - Plante - waar Jesaja mense sou herinner dat Jesus soos ʼn plant sou wees wat weer sou uitloop, selfs al sou dit lyk of die plant dood is.

Stasie 4 - Skoon gewas - dat alles wat Jesus gedoen het ten doel het om ons skoon te was van ons sonde.

Stasie 5 - Spieël - dat ons onsself anders kan sien as gevolg van Jesus se werk aan die kruis.

Stasie 6 - Stilte - dat ons die dooie en donker tye moet gebruik om stil te word om te hoor hoe God nuwe lewe daarna wil bring.


Saamdoen:

Ons wil julle as ouers aanmoedig om met jou tiener die Groot Lydensweek dienste by te woon.


Komende Sondag:

Die komende naweek is die hoogtepunt van die Christelike kalender met Goeie Vrydag en Opstanding-Sondag. Daar is geen groepe nie, maar ons moedig julle aan om as huishouding die eredienste by te woon. Ons kom weer 24 April bymekaar.



GRAAD 11 (Belydenisklas):

Ek Glo - Belydenisklas ouerbrief


Welkom in die tweede kwartaal. Die tweede kwartaal is vir die #kenridgetieners gewoonlik ʼn baie moeilike kwartaal, weens die magdom vakansiedae en die Junie eksamen. Hou asseblief die weeklikse ouerbrief, die webtuiste en sosiale media blaaie noukeurig dop om op hoogte van die reëlings te bly.


In die kerkjaar fokus ons op die oomblik op God se verlossing deur Jesus, saam met Goeie Vrydag en Paassondag. Daarom hanteer ons temas wat hierby aansluit.



Wat het ons geleer?

Ons het Sondag stil gestaan by die tema wie s’n is ek, en ons het die storie van die Fariseërs wat Jesus wou vasvra oor belasting saam gelees. Die volgende was belangrik:

  • Verstaan (Kennis, feite, insig): Om te ontdek dat die gesig van wie die seggenskap oor die geldeenheid het, op die geld verskyn.

  • Refleksie (Persoonlik insig en wysheid): Om te reflekteer daaroor dat Jesus sê vir die Fariseërs: “Maar onthou, julle is volgens God se ‘beeld’ gemaak. Julle behoort aan Hom en daarom moet julle seker maak dat julle julleself aan God gee” (Matt. 22:21b – Die Boodskap.)

  • Impak (Aksie en optrede): Om te leef as een wat reeds “behoort” en weet dat ek ʼn plek het omdat God vir my ʼn plek gee.


Saamdoen: Woorde van bevestiging

Skryf iewers vir jou kind ’n brief of ’n nota of WhatsApp, waarin jy ’n kenmerk of iets wat van jou tiener uitlig, wat jou daaraan herinner dat jou kind na die beeld van God geskep is.


Komende Sondag:

Die komende naweek is die hoogtepunt van die Christelike kalender met Goeie Vrydag en Opstanding-Sondag. Daar is geen groepe nie, maar ons moedig julle aan om as huishouding die eredienste by te woon. Ons kom weer 24 April bymekaar.



Shalom

Christi Thirion

Leraar

Tel: 021 913 4206 (x125)

Sel: 082 728 9762

Instagram: @christi.thirion

Facebook: /christi.thirion

Twitter: @christiThirion


11 views

Recent Posts

See All
bottom of page