top of page

Kinderbediening ouerbrief (3jr – Gr 5) – 30/05/2022


ree

Goeiedag ouers,



Kleuterbediening Ouerbrief (3jr – Gr R)


Gister het ons kleuters gehoor van “Daniel en die leeukuil”. In hierdie storie hoor ons dat niks vir God onmoontlik is nie. Ons sien ook hoe lief Daniel vir God was. Jy kan saam met jou kleuter die storie lees in die kinderbybel of na die video kyk – kliek hier.


Hierdie week is Pinkster en ons bied Kinderpinkster aan vir die Graad R – 5’s in die Grootsaal. Ek verstaan dat dit moeilik is met eksamens, koue, ens., daarom het ons ‘n verkorte weergawe van die reeks op ons YouTube kanaal gelaai vir ons kinders. (Pinkster: Die Heilige Gees Fees)


Gister oggend het ons ook ‘n besoek van Badisa gehad, wat ons kinders meer kom vertel het van Kinderberskermings week. Hierdie week, tydens Kinderpinkster, gaan ons plakkers teen R5 verkoop ten bate van Badisa en hulle wonderlike werk.


Neem kennis:Sondag (5 Junie) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.



Kinderkerk (Gr 1 -5)


Ons het gister oggend begin met ons Pinkster-reeks: Heilige Gees Fees. Ons gesels saam oor waar sien ons oral in die Bybel die Heilige Gees raak.


Hierdie week is Pinkster en ons bied elke aand Kinderpinkster aan vir die Graad R – 5’s in die Grootsaal. Ek verstaan dat dit moeilik is met eksamens, koue, ens., daarom het ons ‘n verkorte weergawe van die reeks op ons YouTube kanaal gelaai vir ons kinders. (Pinkster: Die Heilige Gees Fees)


Gister oggend het ons ook ‘n besoek van Badisa gehad, wat ons kinders meer kom vertel het van Kinderberskermings week. Hierdie week, tydens Kinderpinkster, gaan ons plakkers teen R5 verkoop ten bate van Badisa en hulle wonderlike werk.


Neem kennis:Sondag (5 Junie) is ‘n familiediens in die Grootsaal. Dit beteken dat daar GEEN Kinderkerk sal wees nie. Die familiediens is ‘n fantastiese geleentheid vir families om saam bedien te word, so kom en geniet die samesyn in die Grootsaal.


Groete

Susan Johnston


Comments


bottom of page