Net so ook op die aarde
- bestuurder5
- Feb 1, 2024
- 1 min read

Kenridge Gemeente is tans besig met die boek 'Ons wil Jesus sien'.*
Johannes het sy brief vir die gemeente wat hy naby Efese bedien het, begin met 'n vierdubbele versekering dat hy fisies vir Jesus gesien het. Die dwaalleraars van sy tyd het onder andere verkondig dat Jesus net 'n mens is en glad nie 'n god nie.
Johannes omarm hierdie sien-getuienisse van hom met geloofsinhoude wat ver verby fisiese feite was - soos dat Jesus 'van die heel begin af bestaan het' en dat 'Hy die ewige lewe (is) wat by die Vader was, maar nou aan ons bekendgemaak is.'
Johannes wou beklemtoon dat Jesus regtig mens is én dat Hy regtig God is. Dat Hy nie net ’n mens is nie en dat Hy nie net God is nie. Hy is albei.
Dit is reg binne-in hierdie twee nature van Jesus waar die krag van sy boodskap vir die hele wêreld lê. Want so bring Hy die hemel en die aarde bymekaar. En so bring Hy vir God en die mense van die aarde by mekaar uit.
* Burger, C. & Nel, M. J. (2022)




Comments