top of page

Lewensritmes en oorgawe



Die Romeinse Ryk was in die 3de eeu 'n gestamp, 'n geskarrel en propvol veldslae en gevegte. Die keisers het vinnig verwissel. Die nuwe Persiese ryk uit die Midde-Ooste en die Germaanse magte uit die Noorde het aanhoudend aangeval. Enige sprake van 'n gesonde ekonomie, finansies, politiek of geregtigheid was (soos vandag) 'n mite. Die mense was bang en baie onseker.


In hierdie tyd het 'n leier uit Afrika (Tunisië vandag), uit 'n rondtrekkende bedoeïen agtergrond uit, met die naam van Cyprianus (200-258 nC) na vore getree en vir die mense ritme, vastigheid en rigting gepredik.


Cyprianus se boodskap was om hulleself oor te gee aan die enigste ware God. En die enigste ware God was vir hom die Een wat Homself deur Jesus Christus aan die wêreld kom wys het.


Cyprianus het gereeld vir Donatus, 'n gelowige vriend van hom, briewe geskryf. In een van hierdie briewe het hy geskryf:


“Hierdie is ‘n vrolike wêreld soos wat ek dit sien vanuit my tuin onder die wingerd. Maar as ek teen ‘n hoë berg sou opklim, weet ek goed dat ek rowers op die paaie sal sien, seerowers op die see, soldate wat baklei, stede wat brand en mense wat in amfiteaters vermoor word.

Dit is ‘n bose wêreld Donatus.

Maar ek het te midde van hierdie bose wêreld ‘n stil en heilige volk ontdek. Hulle het ‘n vreugde ontdek wat ‘n duisend keer beter is as enige plesier in hierdie lewe. Hulle word verag en vervolg - maar hulle gee nie om nie en hulle gee nie op nie.

Dit maak nie vir hulle saak vir Wie hulle dit doen nie. Hulle het die wêreld oorwin! Hierdie mense, Donatus,

is Christene …! En ek is een van hulle!”


Ek hoop jy sal ook glad nie omgee en ook glad nie opgee om in ritme met Jesus Christus te leef nie! Moenie moeg word om in pas met Jesus Christus te wees nie. Dit is die moeite werd.



17 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page