Water en spons

Toe ek klein was, kon ek myself baie vermaak met 'n spons en water. Die manier hoe 'n spons water kan opsuig en hou en laat uitloop kon my klein-seuntjie-brein lank besig hou. Later was dit ook die bron van my eerste filosofiese denke - die spons is in die water en die water is in die spons – twee waarhede op een slag!
Toe ek as volwassene in Dallas Willard se boek The Divine Conspiracy lees van "a God bathed world" toe spring my gedagtes dadelik weer na die prentjie van die spons en water. Hy skryf:
“...a totally good and competent God is right here with us to look after us. And his presence is precisely what the word heaven or, more accurately, the heavens in plural, conveys in the biblical record as well as through much of Christian history.... The “heavens" are always there with you no matter what, and the "first heaven," in biblical terms, is precisely the atmosphere or air that surrounds your body... it is precisely from the space immediately around us that God watches and God acts... To be born "from above," in New Testament language, means to be interactively joined with a dynamic unseen system of divine reality in the midst of which all of humanity moves about whether it knows it or not. And that, of course, is "The Kingdom Among Us."
Die Heilige Gees leef binne-in ons, soos ons binne-in die Gees leef.
Getuienis is dus niks anders as om hierdie werklikheid te bevestig nie. Dit beteken ook dat ons kan ontspan oor die "to do" van getuienis, want ons hoef nie vir God in ons wêreld in te trek of in te dra nie. God is reeds "daar". God is reeds besig met daai een wat in jou hart en gedagtes lê om oor God te getuig.
Tom Smith skryf in sy boek Vind God in die Gewone dat ons “speurders van die Skepper” (detectives of Divinity) wil wees en dit beteken ons leer om die teenwoordigheid van God in ons gewone lewe raak te sien, veral in "die verhoudings waar ons liefhet en soms seerkry. Dit beteken ons beleef die lewe opnuut as God-enchanted...” Speurders vra voortdurend vrae. Hulle is die hele tyd besig met die wie, wat, waar, wanneer, waarom en hoe vrae. Byvoorbeeld, "Wie is jy regtig?" "Wie is God vir jou?” “Waar is jy nou in jou lewe?” “Waar het jy gebed nodig?” Die uiteinde van ʼn speurder se vrae is ʼn versameling van bewyse en getuienis.
Ons leef in ʼn wêreld waar ons aandag versplinter is en ons sukkel om meer as dit wat voor ons is, raak te sien. Ek sien net die spons of net die water. Die speurder-ingesteldheid vra om bietjie langer aandag te gee, wyer en dieper te kyk en bewus te raak van die spons in die water en die water in die spons. Ons leef in God en God in ons. Elke mens leef in daai realiteit – selfs al herken en erken hulle dit nie. Ons getuienis is om dit wat reeds waar is, raak te sien en uit te wys.




Comments