Stil plekke
- bestuurder5
- 1 day ago
- 2 min read

Om jouself af te sonder beteken nie om van mense af weg te hardloop nie. Dit beteken dat jy doelbewus na die Here wil luister en by Hom tot rus wil kom. In die Bybel sien ons dat afsondering oor oorgawe en roeping gaan. Om anders te leef omdat jy aan die Here behoort.
Ons sien hierdie beginsel duidelik in die lewe van Jesus Christus. Hy het tussen mense geleef, saam met hulle geëet en gewerk, maar tog was Hy innerlik en uiterlik voltyds besig met die wil van Sy Vader. Gereeld het Hy Hom onttrek na stil plekke om te bid. Selfs toe Hy omring was deur skares, het Hy gefokus gebly op Sy roeping en nie toegelaat dat die wêreld Sy identiteit bepaal nie.
Ons lees in Lukas 5: ‘Tog het die nuus oor Hom nog verder versprei, en groot menigtes het saamgedrom om na Hom te luister en van hulle siektes genees te word. Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.’
Bybelse afsondering beteken nie isolasie nie, maar gebed, oorgee en omgee. Dit is ’n hart wat sê: “Here, ek behoort aan U.” Dit wys in ons keuses, ons woorde en ons waardes en ons liefde vir alle ander mense. Soos Jesus kan ons in die wêreld wees, maar nie van die wêreld nie – mense wat lig dra omdat ons aan die Here behoort.
Thomas Merton het geskryf: “It is in deep solitude that I find the gentleness with which I can truly love … Solitude and silence teach me to love [others] for what they are, not for what they say.”
Richard Foster het geskryf: ‘Today silence is one of the most essential disciplines of the Spirit simply because it puts a stopper on all this mindless chatter and clatter. It enables us to step aside from the noise and hurry and crowds of modern life long enough to allow God to create in us attitudes and habits that will hold us constantly in the loving presence of God.’
Gebed: Here, leer ons om soos Jesus tyd te maak saam met U sodat ons op koers kan bly met ons liefde, ons gestuurdheid en ons roeping in hierdie besige wêreld.
Amen.




Comments